GRAAD R

 

Elke kleuter het 'n vastrap-plek nodig om 'n voorsprong te kry vir die pas wat Graad 1 vereis.  In Graad R bied ons hierdie vastrap-plek.  Hier word elke kleuter getransformeer na 'n jong leerder wat met selfvertoue en sonder vrees, Graad 1 kan aanpak. 

 

Graad R is 'n lekker en veilige omgewing waar kleuters hulle babatande verloor en 'n lus kry vir die avonture en geleenthede wat die "Groot Skool" bied.  Kleuters leer om in groepe saam te werk en saam take af te handel. Hulle persoonlikhede en selfvertroue ontwikkel verder deur te skep, redeneer en eie besluite te neem, te misluk en weer te probeer.

 

Ons Kurrikulum wat ons aan voldoen is die CAPS Kurrikulum en ons maak gebruik van hoë standaard werkboeke.  Elke dag word begin met ‘n Bybelles gegrond op ons Christelike Grondslag en deurentyd word klem geplaas op Christelike waardes en beginsels. 

 

Ons bied Afrikaans as onderrigmedium, maar daar is gereelde blootstelling aan Engelse stories, liedjies en rympies. 

 

Additioneel tot die kurrikulum bied ons die volgende aktiwiteite as deel van ons program:

 

 

Die volgende Buitemuurse aktiwiteite word aangebied deur mense wat spesialiseer op die gebied en na ons skool toe kom om dit aan te bied.  DIe aktiwiteite is aditioneel tot die skool fooie:

 

 

Gedurende die jaar hou ons konsert! Hier kry elke kleuter die geleentheid om op die verhoog op te tree en uiting te gee aan hulle toneelspel en rolspel giere en tegnieke.

'n groei milieu vir u kind

ELKE DAG IS OPEDAG

 

 

EVERYDAY IS AN OPEN DAY

011 234 6326 / 083 391 8622

gestig in 2010

Tel. 1:  011 234 6326

Tel. 2: 083 391 8622

Adres: 33 Jupiter Laan,

           Midrand

Ure: 07:00 - 17:00

       Maandag - Vrydag

 

Aanwysings